Tjoef Tjaf Afrikaanse Woordeskat Speletjie
Tjoef Tjaf Liggaamsdele is ‘n speelse, navorsingsgebaseerde speletjie wat ontwikkel is om woordeskat- en woordherkenningsvaardighede te versterk deur middel van prent-en woordassosiasies op kaartjies wat verskillende dele van die liggaam uitbeeld. Beide leesvaardighede is noodsaaklik om goeie leesbegrip te ontwikkel. Dit is ideaal geskik vir Ontwikkelende Lesers (Graad 3 Leesvlak op die Leesvlakkaart).
What's inside
Hierdie taalspeletjie bestaan uit die volgende:
32 kaartjies met net prente daarop wat verskillende liggaamsdele illustreer
32 prent-en-woord kaartjies
32 kaartjies met net woorde daarop
Instruksies vir onderwysers en hoe om die kaartspeletjies te speel.
Digitale PDF om direk af te laai en uit te druk.
How to play
Key benefits
Skep ‘n stresvrye leerklimaat. Herhaalde blootstelling aan nuwe woorde vind plaas. Kaartjies verbind woorde met betekenis - wat leesbegrip ontwikkel. Gesprekvoering tussen maats vestig die aanleer van nuwe woorde. Multi-sensoriese leer vind plaas wat alle sintuie en verskillende leerstyle betrek (visuele, ouditiewe, taktiele en kinestetiese modaliteite). Speelse wedywering motiveer leerders om hul bes te lewer en nuwe woordeskat te oefen. Leerders kan self die pas aangee en bepaal wanneer en hoeveel woorde hulle wil aanleer - neem kontrole van hul eie leer. Speletjies is maklik om te vervoer, vervangbaar en altyd beskikbaar. Kan speletjies differensieer volgens die taalfunksioneringsvlakke van die leerders. Bied geleentheid vir formatiewe assessering Leerders kan sonder toesig leer, neem verantwoordelikheid vir eie leer.
Looking for more resources?
Browse the full Yellow Tree shop — phonics, comprehension, Afrikaans, and bundles.
